< Terug naar codex

Wat maak oom Kalie daar?

Pagina: ---/---

C.J. Langenhoven / H. Pieter Van Der Westhuizen

Niet meer in de codex sinds 1965
 
Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Oom Kalie steek 'n stywe dop;
hy slaan sy vrou met die handsambok!
Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Oom Kalie maak hom klaar vir trou
met Mietjie die kwaai jong wedevrou.
En sy is vir hom klaar.
Wat dra Nig Mietjie daar?
Wat dra Nig Mietjie daar?
Nig Mietjie dra 'n rooi sisrok
en onder die rok 'n handsambok
--Oom Kalie dra 'n blaar.
Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Hy's besig om hom vet te smeer,
en sweer: so nooit as nimmerweer
--hy's met Nig Mietjie klaar.
Wat skree Nig Mietjie daar?
Wat skree Nig Mietjie daar?
"Oom Kalie," skree sy, "kom tog weer
--my hartjie is tog al te seer,
nog seerder as die blaar."
Wat maak die twee nou daar?
Wat maak die twee nou daar?
Oom Kalie steek 'n stywe dop,
Nig Mietjie slaan met die handsambok.
En goed kom hulle klaar.