< Terug naar codex

Mama,'k wil 'n man hé

Pagina: 436/436

 
Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, m'n lieve kind,
Wil jy dan 'n Fransman hê?
Nee, mamma, nee, 'n Franseman, die wil ek nie,
Want parlez-vous versta ek nie.
Dit is my plesier
Met die boerjongkerels hier.
Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, m'n lieve kind,
Wil jy dan 'n Duitser hê?
Neen mamma, nee, 'n Duitseman, die wil ek nie,
Want Schweinefleisch dat lus ek nie.
Dit is my plesier
Met die boerjongkerels hier.

Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, m'n lieve kind,
Wil jy dan 'n boer soms hê?
Ja, mamma, ja, 'n boereman, die wil ek hê,
In 'n boer syn arme wil ek lê.
Dit is my plesier
Met die boerjongkerels hier.